Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Dec 25 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

Zimbabwe bly belangrike uitvoermark vir SA mielies

Wenner

Verloorder

BKS: ‘Die virus is jou vyand – nié jou bure of die regering’ • ‘Werk saam. Die virus is jou vyand, nie die regering, jou buurman, die veearts of jou buurman se hond nie,’ sê dr. Anthony Davis, ’n veearts van die Humansdorp-veeartskliniek.

Aanvaar vándág verantwoordelikheid

Briewe

Kerswense van landbouleiers

SOPNAT PLANTTYD Mielies, sojabone begin vrot • Soveel reën het sedert die begin van September in dele van veral die Noordwes-Vrystaat geval dat van die graanboere se jong mielies begin vrot of glad nie opgekom het nie. Sojabone het ook plek-plek begin vrot.

Droë winter knou gars • Die afgelope droë winter het die Wes-Kaapse kanola- en garsoeste benadeel.

Warm, droë somer wag op weste van Oos-Kaap • Die Oos-Kaapse weerkantoor het gewaarsku dat warm en droë toestande, met bogemiddelde reën in die Alfred Nzo-distrik, vir die westelike dele van die provinsie voorspel word.

Geen logiese rede vir beperking op wapens • Ongrondwetlik, roekeloos en gevaarlik. Só word die konsepweergawe van die wysigingswetsontwerp op die Wet op Vuurwapenbeheer beskryf.

Wanneer laas het jy joune hernu?

2025: BKS sleep voort, eiendomsreg in die spervuur en Trump-tariewe knyp • Bek-en-klouseer (BKS) het sy tande vanjaar nog dieper in die beesvleis- en melkbedryf ingeslaan, en het die landbougesprek oorheers. Voortslepende uitbrekings het boere woedend en moedeloos gelaat.

Skeerrekord vier lewe buite gemaksone • Dit was seer, maar lekker.

Diélandbougrotes in 2025 gegroet • Die eindfluitjie het vir oulaas op 12 September vir die legendariese wynboer en rugbyspeler Jan Boland Coetzee (80) geblaas. Onder diegene wat die landbou in 2025 ’n laaste keer gegroet het, was hy sekerlik die bekendste.

Dié sonkragrobot slaan ’n dubbele slag

Luiperd eerste keer in 170 jaar aan Weskus opgemerk

Gesoek: Definisie van wat voedsame kos behels

Meer risiko’s as geleenthede (maar dit ís bestuurbaar) • Veranderinge wat meer waarskynlik as nié waterbestuur deur die volle landbouwaardeketting gaan raak, gaan vinnig flinke voetwerk verg. Boerderye en landbouverwerkers se toekomstige grondgebruik en uitleg kan beperk word, en minder buigsaamheid met wateroordragte is onvermydelik. Lees ook in dié artikel waarom waterdata ’n sakerisiko kan word en wat die groter implikasies van nakomingsversuim kan wees.

Gee jouself ’n toekomsgeskenk • Met mense wat al hoe langer leef, is jou toekoms nie afhanklik van wie in 2026 die verkiesing wen nie, maar van die finansiële besluite wat jy hierdie Kerstyd neem. Dit is die keuse tussen ’n reusegeskenk nou of die wete dat jy nie jou kinders se hulp in die toekoms gaan nodig hê nie.

Durf ’n mens praat van ’n nuwe weernormaal? • Dikwels hoor jy dat mense se geheue baie kort is tussen droogtes. Met droër toestande wat vanaf 2026 kan begin voorkom, en meer El Niño-verskynsels wat in die volgende paar seisoene verwag word, is dit raadsaam dat boere daarop voorbereid is.

Familieboerderye – 3 taai vrae om die Kersboom • Kerstyd is gewoonlik ’n tyd wanneer geslagte van een familie bymekaarkom. Dit is dikwels ook ’n tyd van konflik – en as jy gelukkig is, ’n tyd waarin konflik opgelos word. Vra vanjaar dié drie belangrike vrae wat jou opvolgbeplanning se buig of breek kan bepaal: Het my familieboerdery ’n reëlboek of ’n grondwet?...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans