Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for SARIE

SARIE

Nov/Dec 2026
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

EERSTE SÊ

NATANIËL SÊ

ons wêreld LUUKSE TYDLOSE wit

JULLE SÊ • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT

Diaan Olivia SÁÁM IS WAT SAAK MAAK • Sy skryf lank nie meer net top-aktrise agter haar naam nie, sy is ook suksesvolle vervaardiger en entrepreneur. En grootbaas van SA se voorste filmskool, AFDA. Maar haar trotsste rol, dié van ma. Vir die sesde keer is Diaan Lawrenson en haar dogter, Olivia, op SARIE se voorblad. Die eerste keer sestien jaar gelede toe sy skaars ’n paar maande oud was. Vandag is ma en tienerdogter se band heg, en Kersfees ’n tyd van spesiale herinneringe en sáám

DIE MAN VAN seder en groen • Hy is Meneer Groen. ‘Uncle Prof’ vir sy bure. Dave Pepler is ’n man van bome, boeke, fyn geure en groot gedagtes, maar wat steeds verwonderd staan voor die kleinste dinge. Liani Jansen van Rensburg het met hom by sy huis op Stellenbosch gesels

Sy kies hierdie wille pad, weer en weer • Ons het haar leer ken as Wilde Wilmien van 7de Laan. Die nooi met die donker hare en bruin oë wat telkemale op SARIE-voorblaaie verskyn het. Oor die jare het Nina Swart naam gemaak as regisseur en akteurs droom daarvan om saam met haar te werk. Nou is sy 50. Gemaklik in haar lyf, trots op haar ‘battle scars’ . . . en terug op die kassie

MEJ. SA 2024 MIA LE ROUX DIE LEWE G’N REGUIT PAD • Sy het ons verbeelding aangegryp. Die kind wat op skool geboelie is, word die eerste dowe Mej. SA. Toe word haar Mej. Heelal-droom verpletter . . . Vandag glo Mia le Roux sy is soveel meer as daai ‘girl of the moment’. Sy’s sterker as ooit

2026 SE ONTHOU OOMBLIKKE • Sommige was voorbladnuus, ander meer persoonlik . . . 2026 het verskeie onthouoomblikke opgelewer. Groot of klein, elkeen was ’n wen, ’n viering van die lewe. En het ons opnuut trots gemaak en laat glimlag

KERSFEES KOM Kersfees kom . . . • vrede omgee sterre hartsmense vreugde klokke saam geskenke liggies wit & goud geluk

’N FEES VAN saam • Vier Kersfees met geliefdes om ’n buffettafel waar nuut en nostalgie hul plek langs mekaar inneem. Skakerings van wit, sagte teksture en glinsterversierings skep die atmosfeer vir ’n viering van onthoujy-nog en saamwees

DROOM in wit • Dis Kersfees in koel wit en ryk room. Lae vloei sag oormekaar en tekstuur gee kontras. Soos in die 1920’s sit middellyne stylvol op heupe en rugdetail onthul geheime. Dis die blinkers wat sê dis tyd vir feesvier

GLINSTER mooi • Nou is die tyd vir glans sonder om ure voor die spieël te staan. Hou jou voorkoms minimalisties met glinstergrimering, sagte los golwe en net ’n tikkie blink op jou naels

ALLES WAT blink ... • En begeerlik is! Of dit ’n kershouer in die vorm van ’n strik is of daardie spesiale bottel vonkel, ’n hart met glansryke oogkleure of ’n nuwe blomgeur kordaat in ’n goue bottel, hier is ’n feestelike bederf vir elkeen

WIT wat wink • Perfek vir die Kerskous is dié items wat die sintuie streel – fynproe-eetgoed, lekkerruikplesiere, ’n mooi hemp, sandale en modebykomstighede, en produkte wat die vel troetel vir ’n glansende feesgelaat

bederfprodukte Luuks

Eendag by ’n mark in Kaïro . . . • Alishia van Deventer sou in haar wildste drome nie kon dink dat die...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans